BEng Poste Beskikbaar
- Francois Bosch
- 20 hours ago
- 2 min read
Rural Maintenance, ’n dienste voorsieningsmaatskappy en Netelek, ’n tegnologiemaatskappy, het die volgende vakante poste vir gekwalifiseerde ingenieurs en ingenieurs studente beskikbaar:
Gegradueerde Elektriese Ingenieur
Hierdie kandidate sal met beide bedryf en projekte, grootliks werksaam wees in die distribusie-omgewing van:
230V • 400V • 6.6KV • 11KV • 22KV • 33KV • 66KV • 88KV
Junior (Ref 25/024) en Senior pos (Ref 25/025) beskikbaar.
Gegradueerde Elektroniese / Megatroniese Ingenieur
Hierdie kandidate sal werksaam wees in die hardeware-ontwikkelingsomgewing m.b.t. die volgende dissiplines:
Kommunikasie • Metering • Beheerstelsels
2 Junior Poste (Ref 25/030) beskikbaar.
Gegradueerde Meganies-, Chemies-, Elektronies-, Elektries-of Megatroniese Ingenieur
Hierdie kandidate sal werksaam wees in die sagtewareveld met:
• Ontwerp • Ontwikkeling • Bedryf • Stelsel-integrasie
2 Junior Poste (Ref 25/041) beskikbaar.
Studente-Vakansiewerk
2de, 3de en finalejaar Studente
Met projekte in die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Vrystaat kan kandidate werklik ervaar wat in die bedryf gebeur en sien hoe ingenieurs leiding neem in Suid Afrika se ‘omkeerproses’ - een dorp op ’n slag.
Studente-vakansiewerk (Ref 25/010)

Wie is ons?
Rural en Netelek is reeds sedert 1990 in besigheid onder dieselfde naam met hul hoofkantoor gerieflik geleë in die Paarl. (Nr 5, Zeederberg Square, Hoog & Droog, Paarl)
Alhoewel ons ’n wye ingenieursveld dek - van vervaardiging, elektrisiteit- en waterverspreiding, hernubare energie, dieselkragopwekkers asook nuwe klein steenkoolkrageenhede, is ons alom bekend vir die omkeerpogings van dienstebesighede in die publieke (munisipaliteite) en privaatsektor.
Daar is al baie in die media geskryf oor Rural Maintenance se suksesse om kragkontinuiteit te verseker en tariewe bekostigbaar te hou tot voordeel van ons gemeenskappe.
Doen aansoek
Indien ’n vliegtuigkaartjie met bywonerstatus in ’n ander land nie vir jou is nie, EN jy is van stoffasie gemaak waar jy jou kundigheid wil toepas om die stand van ons land en sy mense te verbeter, dan moet jy beslis met ons kom gesels. Ons sien uit om jou kommunikasie te ontvang by:
Gebruik asb die betrokke Ref-nommer(s) van jou posvoorkeur in die epos-titelblok.
Verskaf inligting wat jy as relevant beskou om ons beter te laat verstaan wie jy is en wat jy dink jou verantwoordelikheid of groeipad in die ingenieursveld behels. Sien ons digitale advertensies hieronder:







コメント